Twee gewapende Palestyne in Wesoewer doodgeskiet

Israeliese magte het twee gewapende Palestynse mans tydens ‘n klopjag in die besette Wesoewer doodgeskiet. Die weermag het die inval geloods om verdagtes te vang wat verbind word met ‘n hinderlaag op 25 Maart waarin twee Israeliese soldate beseer het. Twee Palestyne is ook gearresteer in verband met die skietery op 25 Maart. Daar is sedert die begin van die jaar 90 Palestyne, beide burgerlikes en gewapende mans, deur Israel in die gebied doodgeskiet.