Ombud reageer op vervalle koshuise, sê GRN verstaan nie die probleem nie

Daar is weer foto’s op sosiale media gedeel oor die haglike toestand van koshuise by staatskole, veral in landelike gebied. Die jongste foto’s toon dat leerders op kartonbokse moet slaap omdat daar geen matrasse is nie. Koshuise is uiters belangrik veral in landelike gebiede en meeste is uiters vervalle. Die Namibiese ombud, Basilius Dyakugha sê die regering moet die probleem aanspreek maar, moet die uitdagings daarvan deeglik verstaan.