Ekonoom sê SA kan teen 2030 ‘n mislukte staat wees

Suid-Afrika is tans ‘n kwesbare staat, maar kan maklik teen 2030 ‘n mislukte staat wees. Dit is volgens die ekonoom en akademikus aan die Universiteit van Johannesburg, Daniel Meyer. Hy sê noodsaaklike stelsels in die land soos dienslewering, ekonomiese groei en gelyke ontwikkeling hang tans aan ‘n draadjie. Meyer sê daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat politieke en ekonomiese stelsels teen 2030 so verswak het dat die regering beheer verloor.