ActionSA verwelkom Steenhuisen se standpunt oor ANC

ActionSA het die opmerkings van die DA se herverkose federale leier, John Steenhuisen, verwelkom. Steenhuisen sê hy sal nie met die ANC saamwerk nie en sal eerder saam met eendersdenkende opposisiepartye werk om ‘n verenigde front aan kiesers te bied in volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesings. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, versoek die DA om as gelyke vennote betrokke te raak en te fokus op die bou van ‘n sterk en verenigde koalisieplatform: