Vreemde tendertoekenning in Omusati

Die Omusati-streeksraad het die tender vir die konstruksie van eenvertrek-woonstelle by Etayi aan Moshipya Building Construction toegeken. Daar was 19 maatskappye wat getender het en tien van hulle het presies dieselfde koste, 853 600 Namibiese dollar, gekwoteer. Net vier kwotasies het voldoen en die toekenning aan Moshipya het wenkbroue laat lig omdat die maatskappy net 90 persent tegniese telling aangeteken het met die maatskappy wat 100 persent aangeteken het, wat vierde geplaas was. Die raad het ook goedkoper tenders uitgegooi.