Mediahuise wil Trump klagte sien, hofsaak uitsaai

Talle mediahuise het ‘n New Yorkse regter gevra om die groot jurie se aanklag teen oudpresident Donald Trump bekend te maak. Hulle vra ook toestemming om Trump se hofsaak môre uit te saai. Die media-instellings wat CNN, The New York Times, The Washington Post en The Wall Street Journal insluit, sê die ongekende en geskiedkundige hofsaak van ‘n voormalige Amerikaanse president en die gepaardgaande behoefte aan die grootste moontlike openbare blootstelling, kan nie oorbeklemtoon word nie. Trump is verlede week aangekla oor sogenaamde swyggeld wat in 2016 aan die pornoster Stormy Daniels betaal is.