Groot sukses met Torra-leeus

Daar is nou vier nuwe leeuwelpies op N/a’an ku sê se TimBila-natuurreservaat, maar dit is nie sommer enige leeuwelpies nie. In Mei 2021 het mens-leeu-konflik weens die droogte in die Torra-bewaringsgebied plaasgevind het en die woestyn-aangepaste leeus sou of geskiet of vergiftig word. Die Huab-konflikleeus is deur N/a’an ku sê na die Shiloh Jolie-Pitt-skuiling verskuif waar hulle gerehabiliteer is om hul kondisie na die droogte te herstel. In September 2022 is hulle na TimBila verskuif. Die medestigter van N/a’an ku sê Marlice van Vuuren vertel aan Kosmos 94.1 Nuus die suksesverhaal.