VF Plus hoop op herstel van toerismesektor

Die VF Plus verwelkom die aankondiging deur die minister van toerisme, Patricia de Lille, oor meer klem op die aansienlike ontwikkeling van die toerismesektor. Die VF Plus wens De Lille ook geluk met die stokkie wat gesteek is voor SA Toerisme se roekelose plan om byna een miljard Suid-Afrikaanse rand te bestee aan ‘n borgskap-ooreenkoms met Tottenham Hotspur. Michal Groenewald van die party sê hulle hoop die minister se belofte oor die uitbreiding van volhoubare regeringshulp sal die toerismesektor help om sy bydrae tot die ekonomie te herstel.