Talle sake teen SA onderwysers oor seksuele wangedrag nie aangemeld
Die onderwyser-organisasie, Naptosa, het sy kommer uitgespreek oor die aantal sake van seksuele wangedrag teen onderwysers wat nie aangemeld word nie. Die departement van basiese onderwys het ‘n toename in mishandeling by skole aangemeld, met meer as 191 gevalle wat by die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders aangemeld is. Basil Manuel van Naptosa lig ‘n verskil in die aantal voorvalle wat aangemeld is uit, aangesien die departement onthul het slegs ‘n klein aantal sake loop uit op dissiplinêre stappe.