Trans-Kalahari-grenspos nou 24 oop
Die Namibiese Akkerbouraad lig belanghebbendes in dat sy werksure vanaf vandag by die Trans-Kalahari-grenspos by Botswana na 24 uur daagliks sal verander. Die Namibiese minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, open vandag die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte amptelik, wat ‘n een-stop grenspos sal wees wat 24 uur voltyds oop is. Die grensposte is baie belangrik vir die ekonomiese ontwikkeling in die SAOG-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Auguste Fabian, skakelbampte van die Akkerbouraad gepraat…