Tennis: Sinner maak ‘n einde aan Alcarez se segetog

Tennis: Jannik Sinner het Carlos Alcaraz ‘n deeglike loesing van 6-7, 6-4 en 6-2 gegee in die halfeindstryd van die Miami Ope. Die Italianer se sege beteken die Spanjaard is nou onttroon van sy eerste plek op die wêreldranglys. Novak Djokovic gaan van Maandag af weer die posisie oorneem. Sinner het in die proses ook Alcaraz se segetog van tien wedstryd-oorwinnings en 21 stelle beëindig. Wanneer hy in môre se eindstryd teen Daniil Medvedev te staan kom, sal dit Sinner se eerste poging wees om ‘n ATP-Meesters 1000-titel in te palm.