AA: SA se dieselprys kan dalk daal

Die jongste data van die Sentrale Energiefonds in die buurland dui daarop dat die dieselprys volgende week met 78 sent per liter kan daal, terwyl die petrolprys feitlik onveranderd kan bly. Die Automobiel Assosiasie sê die prys van 95 loodvrye petrol kan met 1,5 sent per liter daal, terwyl 93 oktaan met vier sent per liter kan daal. Lampolie word ook na raming een Suid-Afrikaanse rand 39 sent per liter goedkoper. Die AA sê ander faktore kan die prys beïnvloed, insluitend die koste om brandstof van die kus na binnelandse gebiede te vervoer, en aanpassings aan die heffings