Rugby: Pumas oorrompel Cheetahs

Rugby: Die Curriebeker-kampioene, die Pumas, het die Cheetahs Vrydagaand in Bloemfontein  totaal oorrompel met ‘n oorwinning van 61-21. Die heelagter Devon Williams het ‘n driekuns behaal. In Welkom het die Bulle vir die vierde keer ‘n nederlaag gely toe die Griffons in ‘n geskiedkundige Curriebeker-wedstryd in Welkom ‘n oorwinning van  32-28 behaal het. Weerlig het die spelers in die laaste paar minute van die wedstryd van die veld gedwing, maar die tuisspan het die oorwinning verseël toe hulle weer terug op die veld was.