‘Goldrot’: Mnangagwa-woordvoerder jaag joernaliste Namibië toe

Berigte uit Zimbabwe lui dat die presidensiële woordvoerder George Charamba media gedreig het in verband met beriggewing oor die Al Jazeera-ondersoek na goudsmokkelary. Die land se voorste ondersoekende digitale nuusgroep, The News Hawks, het blykbaar gesê dat in Namibië, na ‘n ondersoek deur Al Jazeera, is ministers gearresteer maar, in Zimbabwe, mag mediahuise nie oor die aangeleentheid berig nie. Charamba het volgens wat berig word opdrag gegee dat die joernaliste wat oor die Gold Mafia-aangeleentheid wil berig, eerder na Namibië verhuis en hulle ‘George Soros-joernalistiek’ hier kom praktiseer.