Shifeta sê sy ministerie het verskeie prestasies in ’22 behaal

Omgewingsminister Pohamba Shifeta sê sy ministerie het verskeie prestasies in die 2022-23 boekjaar behaal. Hy sê meer as 195 kilometer van die paaie in die Etosha Nasionale Park is opgegradeer. Die paaie was in ‘n haglike toestand met toeriste en toeroperateurs wat skade op hul voertuie opgedoen het. Die opknapping en herstel van die park se grenslyn is deur sy personeel oorgeneem en 35 kilometer is reeds voltooi. Volgens Shifeta, sal die beskerming van verskeie spesies in die huidige boekjaar versterk word na 87 renosters verlede jaar gestroop is met vier olifante in dieselfde tydperk. Mens-dier konflik sal ook prioriteit geniet in die huidige boekjaar. Hy sê gevalle van mens-dier-konflik het 590 in 2021 tot 372 verlede jaar afgeneem. Meer as 580 000 dollar is in vorige boekjaar aan gemeenskappe uitbetaal vir 206 gevalle van veeverliese, en meer as 356 000 dollar vir 26 gevalle van oesskade.