SA se rentekoers is hoogste sedert 2009

Carl Coetzee van Betterbond sê die rentekoersverhoging was heelwat hoër as waarop Suid-Afrikaners gehoop het, maar nie onverwags nie. Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 50 basispunte tot 7,75 persent verhoog, wat handelsbanke se prima-uitleenkoers verhoog tot 11,25 persent – die hoogste koers sedert 2009. Die stap is genoodsaak deur kommer oor inflasie wat hoog bly, met ‘n koers van sewe-persent in Februarie. Coetzee sê egter die verhoging hoef nie voornemende huiskopers af te skrik nie: