Berigte oor Khomas-skole wat ‘wintertyd’ gaan volg

Alle skole in die Khomas-streek sal volgens berigte van Maandagoggend nie vroeër as half-agt, en nie later as half-nege nie begin nie. Die nuwe riglyn is glo deur die Khomas-direkteur in die onderwysministerie, Paulus Nghikembua, aan skoolhoofde uitgereik. Die besluit geld vir primêre, junior sekondêre, senior sekondêre en spesiale skole, beide staat- en privaatskole. Die riglyn word vanaf Maandag 3 April van krag en eindig op 31 Augustus, soos tydens die voormalige wintertyd. Skole wat wil afwyk van die riglyn, moet goedkeuring van die direktoraat in die ministerie verkry. Beide die direkteur en adjunkdirekteur in die onderwysministerie, kon nie vir kommentaar bereik word nie.