Oshakati-burgemeester sê watervlakke daal

Daar word berig dat meer reën in die noorde van Namibië verwag kan word. Volgens die vloedbulletin styg die Okavangorivier by Rundu geleidelik en het vanoggend op 4,99 meter gestaan met ‘n invloei van 195,1 kubieke meter per sekonde. Oorstromings het reeds vandeesweek in Oshakati in die Oshana-streek ná swaar reën plaasgevind. Die Okatana-hidrologiese stasie het vanoggend ‘n effense afname in die watervlak tot 0,58 meter aangeteken, terwyl Shanalumono se watervlak op 0,4 meter staan, met geen veranderinge sedert Woensdag nie. Die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…