Zirk van den Berg skryf weer Namibiese boek

Die Namibies-gebore bekroonde skrywer Zirk van den Berg vergeet nie sy Namibiese wortels nie. Van den Berg wat in Nieu-Seeland woon, besoek Namibië gereeld vir sy navorsing oor sy boeke. Sy jongste boek, Geheim van die gruwelsand, speel onder meer in die Sperrgebiet in die Tweede Wêreldoorlog af. Zirk gesels uit Auckland met Kosmos 94.1 Nuus…