Meer instellings sal van beurtkrag vrygestel word

President Cyril Ramaphosa het weer die versekering gegee die regering werk daaraan om die ontwrigting van basiese dienste weens beurtkrag te verminder. Hy het vrae beantwoord in die nasionale raad van provinsies en LP’s wou weet watter maatreëls ingestel sal word om die krisis aan te spreek. Ramaphosa sê planne word beraam om te verseker meer instellings word van beurtkrag vrygestel.