Ondersoek volg na Facebook-verkragter ontsnap
Korrektiewe Dienste in die buurland sê ‘n gepeuter aan die toesig-stelsel het in Mei verlede jaar gehelp met Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein. Nasionale kommissaris Mokgothi Thobakgale het die jongste inligting verskaf oor die ontsnapping van die sogenaamde Facebook-verkragter. Hy sê die polisie-ondersoek gaan voort aangesien daar tekens van misdadigheid is. Dit lyk asof Bester gehelp is om te maak asof hy in ‘n brand in sy sel gesterf het. Thobakgale sê ‘n nuwe Korrektiewe Dienste-bestuurder is by die tronk aangestel.