Hotel Rwanda-man terug in VSA

Die man wat die rolprent Hotel Rwanda geïnspireer het, die 68-jarig Paul Rusesabagina, het in Amerika aangekom nadat hy uit die tronk in Rwanda vrygelaat is. Jake Sullivan, ‘n nasionale veiligheidsraadgewer van Amerikaanse President Jo Biden, het dit bevestig. Rusesabagina woon al langer as ‘n dekade in San Antonio, Texas, in ballingskap en is in September 2021 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens sy bande met ‘n groep wat ‘n gewapende vleuel het wat teen die Rwandese President Paul Kagame gekant is.