Amushelelo laat vaar borgaansoek, vir nou

Prokureur Kadhila Amoomo sê sy kliënt sal nie aansoek doen vir borg nie. Hy en sy mede-NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma sou albei vanoggend formeel vir borg aansoek gedoen het maar, net Milton Engelbrecht, prokureur vir Nauyoma sal ‘n aansoek bring. Amoomo sê hy die dienste van ‘n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging en hy het tyd nodig om die saak te bestudeer en te konsulteer. Die borgtogaansoek vir Nauyoma is tans aan die gang in die Katutura-landdroshof.