DA blameer ANC vir ewigstygende lewenskoste

Die DA sê die ewigstygende lewenskoste is die regstreekse gevolg van die sogenaamde onsamehangende ekonomiese beleid van die ANC wat ekonomiese groei strem. Die Mededingingskommissie sê in sy jongste Moniteringsverslag oor die Pryse van Noodsaaklike Voedselprodukte die prys van basiese voedselprodukte het die afgelope jaar skerp gestyg. Die kleinhandelspryse van wit en bruin brood het van Januarie verlede jaar tot Desember met onderskeidelik 20 en 19 persent die hoogte ingeskiet. Dion George van die DA sê ‘n markvriendelike fiskale beleid is in inflasietyd nodig as buffer teen die impak van prysstygings: