Baie vrae oor sterftes van migrante in Mexiko

Mexikaanse amptenare ondersoek die 39 sterftes by ‘n aanhoudingsentrum vir migrante as moord en sê werkers het mense nie toegelaat om te ontsnap nie. Volgens Amerikaanse media, het ‘n video aan die lig gekom wat wys die migrante was vasgekeer toe die brand Maandag uitgebreek het. Daar kan gesien word hoe figure in uniform by die sentrum van die vuur af wegstap terwyl mense agter tralies bly en die gebied vol rook word. Agt mense is geïdentifiseer wat vermoedelik vir die versuim verantwoordelik is en aanklaers het verskeie lasbriewe aangevra.