Okh-inwoners sal hulle wend aan die president se kantoor

Die groep Okahandja-inwoners het Maandag, toe hulle opgeruk het na die lynminister, Erastus Uutoni se kantoor, geen verligting ontvang nie. Die groep beleërde inwoners van informele nedersettings op die dorp het geen verligting by die eerste minister of die dorp se munisipaliteit ontvang nie. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle sal hulle moet wend aan die president se kantoor.