Nashville-skieter het sewe vuurwapens in aanloop tot skietery bekom

Die Nashville polisie sê die skieter wat ses mense by ‘n skool in Nashville, Tennessee vermoor het, het wettiglik sewe gewere gekoop, in aanloop tot Maandag se aanval. Drie van die wapens, insluitend ‘n aanvalsgeweer, is gebruik in die massaskietery, waarin drie kinders en drie volwassenes by The Covenant School dood is. Nashville-polisiehoof, John Drake, sê die 28-jarige, Audrey Hale, was ten tye van die aanval onder doktersbehandeling vir ‘n emosionele versteuring. Hy sê die skietery was geteiken en beplan: