Vragmotors in SA sukkel by grensposte

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om dringend in te gryp om die voortslepende oponthoude uit te skakel wat reuse opeenhopings by die Oshoek- en Lebombo-grenposte veroorsaak. Die vereniging sê hulle is veral bekommerd oor die feit dat slegs een persoon die publiek by paspoortbeheer bedien, probleme weens onklaar kragopwekkers en gebrekkige samewerking tussen die Grensbestuurs-agentskap en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die hoofbestuurder van die vereniging, Gavin Kelly, sê dit is noodsaaklik dat vertragings by grensposte so ver moontlik beperk word: