Guterres sê terreur behaal suksesse in Afrika

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het sy kommer uitgespreek oor die suksesse wat terreur-organisasies in Afrika behaal. In sy mening is terrorisme is die oorsaak en gevolg van baie van die probleme wat die wêreld ervaar en dat dit sy greep verstewig deur swakhede en onstabiliteit in politieke, ekonomiese en sekuriteitstelsels te soek en uit te buit. Die VN woordvoerder Stephane Dujarric het met die media gepraat.