Comalie-arres: Nampol ondersoek blykbaar homself

Die kwessie van die arrestasie van die voorsitter van die Namcor-raad, Jennifer Comalie, bly in die nuus. Plaaslike media berig dat die polisie homself ondersoek in verband met die proses wat gelei het tot haar arres. ‘n Intelligensie-gedrewe operasie het blykbaar gelei tot die dwelmvonds in haar voertuig net voor ‘n raadsvergadering waar vermeende ongerymdhede rakende die besturende direkteur, Immanuel Mulunga, bespreek sou word. Intussen is sy vrygelaat op borg wat die staat nie teengestaan het nie. Die polisie het ook bevestig dat die beroep deur finansminister Ipumbu Shiimi, op polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo, ook ondersoek word. Die brief aan Shikongo het aan die media uitgelek voor Shikongo die brief ontvang het. Shiimi het gevra vir beskerming vir Comalie.