Ben Namgombe heraangestel in gesondheidsminsiterie  

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die heraanstelling van Ben Nangombe as die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie aangekondig. Hy is heraangestel vir vier en ‘n half jaar vanaf 1 Augustus. Annely Haiphene is ook heraangestel as die uitvoerende direkteur in die ministerie van visserye vir ‘n termynkontrak van vyf jaar vanaf 1 Augustus. Adjunk-direkteur Martha Mbombo is aangestel as die uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid vir ‘n tydperk van een jaar en twee maande, wat op 1 April begin. Die aanstellings is deur die Staatsdienskommissie aanbeveel. Walters Kamaya, woordvoerder van die gesondheidsministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus Nangombe doen uitstekende werk.