Sokker: Liberië hoop Bafana Bafana ly vanaand

Sokker: ʼn Oorwinning vir Suid-Afrika in vanaand se tweede skof van die Afrikabeker-kwalifiseerder teen Liberië in Monrovia sal Bafana Bafana verseker van deelname aan volgende jaar se toernooi in die Ivoorkus. ʼn Nederlaag sal egter die einde van die pad wees. Liberië het Vrydag op die Orlando-stadion ʼn agterstand van twee doele uitgewis om 2-elk gelykop te eindig en die tuisskare stil te speel. Liberië se afrigter, Ansumana Keita, wil graag hê die besoekers moet vanaand ʼn ongemaklike tydjie beleef.

Namibië speel tans in Johannesburg teen Kameroen en die halftyd-telling is nul-elk.