Ndzwanana keer vir raadsitting oor mosie van wantroue

Die Stad Tshwane-raadspeaker, Mncedi Ndzwanana, het ‘n spesiale raadsitting verdaag waar ‘n mosie van wantroue na verwagting teen hom aangehoor sou word. Hy het gesê die petisie wat deur die DA-geleide veelpartykoalisie ter tafel gelê is, is onwettig aangesien dit nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Ndzwanana het bygevoeg dat byna tien handtekeninge op die petisie nie voldoen aan die ondertekenaars waarvan sy kantoor rekords het nie. Die DA Tshwane-raadslid, Kwena Moloto, sê alle handtekeninge van hul petisie is wettig: