Ramaphosa besoek vloedgeteisterde Oos-Kaap

President Cyril Ramaphosa besoek vandag Port St. Johns in die Oos-Kaap om die nadraai van die oorstromings te assesseer. Die OR Tambo-distriksmunisipaliteit in die provinsie het die afgelope week onder stortreën deurgeloop wat tot oorstromings en gepaardgaande lewensverlies gelei het. Mense is ontwortel en infrastruktuur is beskadig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering het ‘n spesiale, inter-regerinswerkskomitee vir rampbestuur aangestel om ondersteuning en verligting te bring aan gemeenskappe wat geraak word: