Gesondheidsministerie se begroting verdedig

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vandag in die Nasionale Vergadering die begroting verdedig wat aan sy ministerie toegeken is. Hy het gesê die ministerie het so ‘n begroting nodig om ‘n aantal kwessies soos onder meer die voortgesette stryd teen MIV-vigs aan te spreek. Die minister het voorbeelde gemaak van die feit dat Namibië een van die min lande in Afrika is wat opehart-operasies doen. Dr. Shangula het gesê dit is duur operasies wat ‘n groot begroting benodig.