Betogings in Kenia duur voort ondanks polisieverbod

Die Keniaanse opposisieleier, Raila Odinga, sê die betoging teen die President William Ruto gaan voort in weerwil van die polisieverbod. Die Keniaanse polisiehoof het die beplande betogings verbied en sê dit bly onwettige optrede. Hy het gewaarsku dat die polisie wet en orde sal handhaaf. Verlede week is traangas en waterkanonne gebruik om betogers uiteen te dryf. Die 78-jarige Odinga por landsburgers aan om die betogings teen Ruto en die hoë lewenskoste in die land, te verskerp. Die polisie is in die sakekern van Nairobi ontplooi om die situasie te monitor.