Taxigeweld in KZN wek groot kommer

KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Sipho Hlomuka, het die onlangse vlaag moorde in die provinsie wat vermoedelik met taxigeweld verband hou, veroordeel. Daar was net verlede week, minstens drie voorvalle van vermeende taxigeweld wat die moord op drie lyfwagte van ‘n plaaslike taxi-baas insluit. Die departement se woordvoerder, Kwanele Ncalane, sê die LUR glo hierdie voorvalle plaas weer die kwessies van geweld en bestendigheid in die openbarevervoer-sektor in die kollig: