WGO doen beroep op sorg van gesondheidswerkers

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus sê ‘n gesonde, gelukkige gesondheidsdiens is uiters belangrik vir primêre gesondheidsorg. Hy doen ‘n beroep op regerings en organisasies om te verseker dat die werkers onder die beste toestande werk en goed opgelei is.