Goldrot trek baie meer aandag as Fishrot

Die sogenaamde Goldrot-skandaal bly in die nuus. Al Jazeera se ondersoekeenheid het die geldwassery-komplot in Zimbabwe oopgevlek. Die nuusagentskap het weer, nes soos hy gemaak het vier jaar gelede met die plaaslike Fishrot-skandaal, ‘n dokumentêr, Gold Mafia, voorberei. Interessant genoeg is die Fishrot-dokumentêr 1,7 miljoen keer in die afgelope drie jaar gekyk terwyl die Gold Mafia-dokumentêr 2,1 miljoen keer in drie dae gekyk is.