Chaos op Israel se strate duur voort

Tienduisende Israeli’s het die strate ingevaar nadat eerste minister Benjamin Netanyahu sy minister van verdediging afgedank het. Yoav Gallant is die eerste kabinetsminister wat ‘n beroep gedoen het dat die beplande opknapping van die regstelsel eers op die lange baan geskuif word. Israel se konsul-generaal in New York, Asaf Zamir, het bedank en gesê hy raak al meer bekommerd oor die regering se beleidsrigtings. Die hervormings sluit planne in dat die regering volle beheer kry oor die aanstelling van regters, en wat dit moeiliker maak vir howe om ‘n leier wat onbevoeg in sy amp is, te verwyder.