SA se BBP – landbou se bydrae sal groei

AgriSA sê die inkrimping van die landbou bruto binnelandse produk met 3,2 persent was te verwagte, want landbou-bedrywighede in die eerste kwartaal van die jaar is gewoonlik stil. Dié afname kan hoofsaaklik aan die laer produksie van gewasse en diereprodukte toegeskryf word. ‘n Woordvoerder van AgriSA, Nicol Jansen, sê die onlangse styging in kommoditeitspryse en ‘n toename in die wêreldwye vraag, het ‘n goeie aanduiding voor die bekendmaking van die BBP-syfers verskaf dat die herstel van Covid-19-verwante impak, groter kan wees as wat voorheen verwag is: