Atletiek: Skok in Namibiese sportkringe oor nuwe regulasies

In Namibiese sportkringe gons dit oor Wêreld-atletiek se omstrede aankondiging. Namibiese Olimpiese naelloper Christine Mboma, se afrigter Henk Botha, is geskok oor die aankondiging om Mboma en spanmaat Beatrice Masilingi se testosteroon-vlakke te oor ‘n tydperk van ses maande te verlaag. Wêreld-atletiek het nuwe regulasies vir verskille in geslagsontwikkeling in atlete bekend gemaak wat op 31 Maart in werking tree. Freddy Mwiya, hoof-administrateur van die Namibiese Sportkommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…