België sê SA moet Russiese konflik help beëindig

België het Suid-Afrika aangemoedig om sy betrekkinge met Rusland te gebruik om die oorlog in Oekraïne te help beëindig. Die minister van buitelandse Sake, Hadja Lahbib, het tydens die Belgiese koning se staatsbesoek in Pretoria, gesê hulle sal verheug wees as Suid-Afr16ika sy kommunikasiekanale met Rusland sal gebruik om die weg na vrede te baan. President Cyril Ramaphosa het hulle die versekering gegee Suid-Afrika is steeds in gesprekke oor hoe die konflik tot ‘n einde kan kom. Die land het gekies om neutraal te bly en verkies om die oorlog met dialoog te beëindig.