Ugandese LGBTQ-wette die ergste ter wêreld

Verskeie organisasies, insluitende die Verenigde Nasies, doen ‘n beroep op die Ugandese President, Yoweri Museveni, om nie die wetsontwerp teen LGBTQ-mense, wat vandeesweek deur die parlement goedgekeur is, te bekragtig nie. Outright International is een van die groepe wat vra dat die wetsontwerp ge-veto word. Die organisasie se senior direkteur vir regsake, beleid en navorsing, Neela Ghoshal, sê die wetsontwerp bevat streng strawwe vir homoseksuele paartjies. Ghoshal het gesê die strawwe in die wetsontwerp is die ergste wat nog deur enige parlement ter wêreld aanvaar is.