Oud-Russiese President maan teen kern-konflik

Rusland se voormalige President, Dmitri Medvedef, waarsku oor die toenemende bedreiging van ‘n kern-konflik. Hy het ook die Duitse minister van justisie, Marco Buschmann, gekritiseer omdat hy President Vladimir Putin met inhegtenisneming gedreig het. Hy sê hierdie optrede kom neer op ‘n oorlogsverklaring en sal ‘n Russiese aanval op Duitsland veroorsaak. Buschmann het verlede week gesê Putin sal op grond van ‘n lasbrief van die Internasionale Strafhof gearresteer word as hy Duitsland besoek. Die Weste het Medvedef op ‘n tyd as ‘n liberale hoop vir Rusland beskou.