Chaos in Frankryk – miljoen mense betoog

Meer as ‘n miljoen mense het Donderdag regdeur Frankryk die strate ingevaar in voortslepende protes oor die verhoging van die land se pensioenouderdom. Die betogings is ontsier deur geweld en vandalisme. In die suidwestelike stad Bordeaux is die voordeur van die stadsaal aan die brand gesteek, terwyl die polisie in Parys traanrook gebruik het teen betogers. Sowat 80 mense is reg oor die land in hegtenis geneem. President Emmanuel Macron beplan om die pensioenouderdom van 62 na 64 te verhoog.