Meeste van ‘Bestel by my’ entrepreneurs se goedere is vervals

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê dat ‘n beduidende deel van goedere wat deur entrepreneurs ingevoer word, ook bekend as ‘bestel by my’, vervalste goedere is. Die agentskap sê hy het reeds beslag gelê op produkte ter waarde van 3 miljoen Namibiese dollar wat tans by sy plaaslike pakhuis in Windhoek aangehou word. Konsultasies is reeds met klein tot medium ondernemings gehou. Maar die nuus is nie alles sleg nie. Volgens NamRA is daar nie werklik so groot probleem met vervalste goedere nie omdat bestel by my-goedere ‘n skamele 1 persent van ingevoerde goedere beslaan.