PPI: Bier- en koeldrankpryse styg

Die vervaardiging van bier en moutdranke in Namibië in die vierde kwartaal van 2022 het gelei tot ‘n jaarlikse inflasiekoers van vier persent in die pryse, vergeleke met 5,2 persent wat in dieselfde kwartaal van 2021. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se produsenteprys-indeks het die vervaardiging van koeldranke en mineraalwater gelei tot die jaarlikse styging van pryse tot 12,7 persent, vergeleke met 4,5 persent in die vierde kwartaal van 2021.