Winkelgroep dank 400 werknemers in SA af
Die vakbond, Saccawu, het ‘n kennisgewing uitgereik om ‘n landwye staking van tien dae by Makro-winkels te hervat. Dit sal van môre tot 2 April duur. Werkers eis beter salarisse en werksomstandighede. Onderhandelings het ‘n dooiepunt bereik nadat die maatskappy 4,5 persent aangebied het. Makro het sedertdien 400 werknemers afgedank. Saccawu se tweede adjunkpresident, Mike Tau, het gesê hulle beplan hulle hoof-optog in Pretoria waar ‘n versoekskrif aan die oorhandig sal word.