Aardverwarming moet beperk word

Die tussenregerings-paneel oor klimaatsverandering het ‘n beroep op almal op aarde gedoen om aardverwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk. Die paneel waarsku die versuim om dit te doen, sal mense wat vandag leef sowel as toekomstige geslagte benadeel. Sy verslag dui daarop dat regerings ver tekort geskiet het aan beloftes op 2015 se Parys-verdrag om aardverwarming te beperk deur weg te beweeg van fossielbrandstowwe. Die paneel beklemtoon die belangrikheid van die bekamping van klimaatsverandering, aangesien oorskakeling na skoon energie die luggehalte, gesondheids- en werksgeleenthede sal verbeter.